Navorsingsbronne — vir toekomstige reekse & podcast-inhoudNavorsingsbronne — vir toekomstige reekse & podcast-inhoud
Navorsingsbronne — vir toekomstige reekse & podcast-inhoud
Geoormerkte bronne (video’s, referate) om reeksbeplanning te versterk en as opleidings-/
agtergrondmateriaal te dien. Nie inhoud wat direk gepubliseer word nie — rou navorsing wat
in ‘n sessie se voorbereiding ingespan word. Merk [x] of skuif na ‘n reeks se notas wanneer
dit verwerk is.
Bewussyn, idealisme & die “hard problem” (hoofsaaklik → Reeks 4: Mens & Betekenis)
Gemeenskaplike draad: die sekulêre debat oor bewussyn loop weg van suiwer materialisme — idealisme (Kastrup), Integrated Information Theory (Koch/Tononi), kwantum-bewussyn (Penrose/Faggin), vrye wil, en die “hard problem”. Bruikbaar om te wys dat naturalisme nie die enigste of selfs die dominante lens is nie, en om ‘n Gereformeerde antropologie (siel, beeld van God, bewussyn as gawe) daarteen te posisioneer. Wees versigtig: baie hiervan is panpsigisties/idealisties, nie Christelik nie — gebruik as gespreksgenoot, nie as bondgenoot.
- Quantum Consciousness Debate — Penrose, Faggin & Kastrup (Essentia Foundation) https://youtube.com/watch?v=0nOtLj8UYCw — bestaan die golffunksie werklik?
- The Boundary Between You And The Universe — Karl Friston (Essentia Foundation) https://youtube.com/watch?v=kbs2ozkXGjI — free-energy / Markov blankets; grens tussen self en wêreld.
- Why do people see elves when they take DMT? — Rupert Sheldrake (IAI) https://youtube.com/watch?v=7ln9q9pcUwI — bewussyn & persepsie (hanteer krities; Sheldrake is randfiguur).
- Psychedelics, Quantum Mechanics and Hyper Reality — Koch & Kastrup (Essentia Foundation) https://youtube.com/watch?v=7wOhvPx2g0I
- 5-MeO-DMT and Integrated Information Theory — Christof Koch (Essentia Foundation) https://youtube.com/watch?v=1V-5t0ZPY7E — IIT vanuit die neurowetenskaplike self.
- Hard Problem and Free Will: an information-theoretical approach (Faggin/D’Ariano, arXiv 2012.06580) https://arxiv.org/pdf/2012.06580 — die referaat agter Faggin se posisie; koppel bewussyn + vrye wil.
Godsleer / natuurlike teologie (→ Reeks 1 & 5)
- Is This the New Theory for God? — Alex O’Connor https://youtube.com/watch?v=wpVsXw4aqEY — sekulêre stem wat ‘n “teorie vir God” oorweeg; nuttig vir toon/drukpunt in Reeks 1 (Wie is God?) en Reeks 5 (Waarheid & Kennis).
Terugvoer na bestaande reekse
- Die neurowetenskap-hoeke (Koch, IIT, Friston) versterk ook Reeks 2 (Wetenskap & Werklikheid) se neurowetenskap-argument indien later hersien.
© Attie Retief, 2025