Reeks 1 - Grondslag
In hierdie eerste reeks vra ons die mees basiese vrae: Wie is God? Hoe ken ons Hom? En wat beteken dit vir hoe ons leef en dink? Dit is nie vrae wat ons klaar beantwoord en dan agter ons los nie — hulle bly saam met ons deur elke verdere studie.
Die reeks bou voort op die Christelike Lewensbeskouing en is bedoel as ‘n gesprek, nie ‘n lesing nie. Ons doel is om saam te dink oor die fondamente van ons geloof — eerlik, deeglik, en met verwondering.
Omdat hierdie reeks filosofiese denke as hulpmiddel gebruik, het ek ‘n persoonlike nota oor kontroversie geskryf waarin ek eerlik die moontlike spanningspunte met ons gereformeerde belydenis bespreek. Ek beveel aan dat jy dit vroeg lees.