Lewensbeskouing

Douw Krüger het hierdie stuk vir ons gemeente opgestel as vertrekpunt — wat glo ons eintlik, en hoe beïnvloed dit die manier waarop ons na die wêreld kyk? Ons is hom baie dank verskuldig vir die werk wat hierin sit.

Lees dit voor jy met die studiereekse begin. Die res van ons materiaal bou hierop voort, so dit help om eers hierdie grondslag onder die knie te kry.

Waar begin ons?

1. Waar begin ons? Die Christen se vertrekpunt is die openbaring van die Drie-enige God in die Bybel. Die “wat” hiervan kan opgesom word as Skepping, Sondeval en Verlossing, soos verwoord in die Apostoliese Geloofsbelydenis. “Hoe” ons in ons lewe daarmee omgaan is in die liefdesgebod saamgevat. Jesus antwoord in Matheus 22:37-40 die vraag van ‘n Fariseër so: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou siel en met jou verstand. Dit is die grootste en eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie... Lees Verder

Die Bybel

2. Die Bybel Die gesag vir ons geloof vind ons in die Bybel. Die Bybel is nie ‘n boek wat ‘n mens een of twee keer kan lees en dan wegsit nie. Gelowiges wat lewenslank met die Bybel saamkom, getuig dat Bybelstudie elke dag en regdeur ‘n mens se lewe openbarend, geloofsverrykend en ondersteunend werk. Aan die ander kant weet ons ook dat iemand wat nie meer voortdurend met die Bybel omgaan nie, se geloofslewe kwyn en kan vergaan. Dit is iets om oor diep na te dink. Die aard en kompleksiteit van die Bybel beteken ook dat ‘n mens dit nie regtig in ‘n kort opsomming kan aanbied nie. Die skets e... Lees Verder

Die wêreld, geloof en geloofsgemeenskap

3. Die wêreld, geloof en geloofsgemeenskap Wat sien ons vandag in die wêreld om ons? Ons sien groot kontraste. Soos nog altyd sedert die Sondeval. Welvaart en armoede, vrede en stryd, ontwikkeling en besoedeling. Ons sien ‘n gebroke wêreld. Op geestelike gebied sien ons in die Westerse wêreld en die voormalige Oosbloklande ‘n proses waar die grootste deel van die bevolking sedert die Tweede Wêreldoorlog die Christelike geloof verlaat het en apaties of afwysend daarteen staan. En ons sien hierdie kontraste in ons eie lewens en die van ons familie en vriende. Siekte en gesondheid, vreugde en... Lees Verder

Hoe word die Christelike geloof vandag uitgedaag?

4. Hoe word die Christelike geloof vandag uitgedaag? Dit vind op beide direkte en indirekte wyse plaas. Selfs die psigologiese behoefte aan sekuriteit speel ‘n rol. As dit met ‘n mens goed gaan dan voel jy meer in beheer en die besef van ‘n gebroke wêreld, die behoefte aan genade en ‘n goddelike beskerming kan vervaag. Gelowiges moet altyd die regte perspektief behou oor sake soos welvaart, vrede en gemak. Sekere mense het so beïndruk geraak met die ontwikkeling van die wetenskap dat hulle alle antwoorde daar soek. Ontdekkings t.o.v. die uitdyende heelal waar die son en die aarde ‘n onindr... Lees Verder

Geloof - is dit aanvaarding of denke, is dit die hart of die verstand?

5. Geloof - is dit aanvaarding of denke, is dit die hart of die verstand? Ons ontvang die geloof deur die werking van die Heilige Gees. Die geloof berus op twee komponente. Die een is kennis en logika, waar ek dit wat in die Woord van God geopenbaar word en wat ek in die wêreld om my sien, verwerk en verstaan. Die ander komponent is die vertroue en aanvaarding dat dit wat in die Woord staan, waar en seker en lotsbepalend is. (Johannes 20:30, Markus 1:15) Dit klink asof die bestaan van God nie bewys kan word nie. Ek moet dit net aanvaar, of hoe? Die bestaan van die Drie-enige God van die By... Lees Verder

Die gesag van die Bybel

6. Die gesag van die Bybel As ons geloof op die openbaring van God in die Bybel berus, dan moet ons wel een of ander versekering hê dat die Bybel outentiek en geldig is. Hoe weet ons dat dit nie ‘n versameling mites is wat van geslag tot geslag oorgedra is nie? Eerstens en baie belangrik, net soos wat vertroue die vernaamste element van ons geloof in God is, is vertroue in die egtheid van die Bybel die vernaamste element van ons aanvaarding van die gesag daarvan. Hierdie vertroue word deur die Heilige Gees in ons harte bewerk. Maar daar is ook sterk aardse getuienis oor die egtheid van die... Lees Verder

Kerkbesoek en godsdiensbeoefening

7. Kerkbesoek en godsdiensbeoefening Godsdienstigheid en ‘n aktiewe geloofslewe het ‘n verband en ‘n interaksie met mekaar, maar dit is nie dieselfde nie. ‘n Mens kan gereeld kerk besoek en bid voor ete maar nie ‘n werklik aktiewe geloofslewe hê nie. ‘n Aktiewe geloofslewe kan beskryf word as die beoefening van ‘n bewuste, daaglikse of deurlopende geloofsverhouding met God. Om Hom daagliks opreg en met oortuiging te aanbid, te loof en te dank vir sy almag en genade. Om voortdurend van hierdie verhouding bewus te wees - nie net per geleentheid nie. En net so belangrik, om met liefde met die ... Lees Verder

Christelike apologetiek

8. Christelike apologetiek Die begrip apologetiek kan beskryf word as die verduideliking of regverdiging van ‘n bepaalde siening of leerstelling. Die doel van Christelike apologetiek is om Christene toe te rus om verantwoording te kan doen oor wat hulle glo, veral teenoor die wêreld maar ook teenoor hulle eie twyfelgedagtes. Dit rus gelowiges toe om aan skeptici te kan demonstreer dat die Christelike geloof nie ‘n fantasiesprong is nie, en om soekendes uit te nooi om die aansprake van die geloof deeglik te oorweeg. In 1 Petrus 3:15b-16a lees ons: “Wees altyd gereed om ’n antwoord te ge... Lees Verder

Hoe loop die pad na geloof … of na ongeloof?

9. Hoe loop die pad na geloof … of na ongeloof? Dit volg nie vir almal dieselfde roete nie. En al die argumente, debatte en inligting het nie dieselfde uitwerking op almal nie. Paulus (Saulus) het voor sy bekering waarskynlik reeds al die getuienis oor Jesus se koms na die aarde gehoor. Tog het hy dit nie aanvaar nie en het hy die Christene probeer uitroei. Handelinge 9:1 sê: “Intussen het Saulus soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig.” Hy het die moord op Stefanus deur die Joodse Raad goedgekeur. Maar tydens ‘n reis na Damaskus om nog meer C... Lees Verder

Gesprek tussen gelowige en ongelowige

10. Gesprek tussen gelowige en ongelowige Baie mense kan getuig van ‘n vriend of familielid wat gelowig grootgeword het en na baie jare as aktiewe kerklidmaat die kerk en geloof verlaat het. “Ek het met hom daaroor probeer praat, maar die gesprek vorder nie. Nie eens die argumente van bekende teoloë en Christen-apologete het hom oortuig nie. Hy het ook baie opgelees oor geloofsake en kon my soms in ‘n hoek druk.” Dit is ‘n voorbeeld van hoe die bestemming wat vir mens wink jou denke kan oorheers. Is daar ‘n beproefde manier om iemand wat ‘n besluit ten gunste van ongeloof geneem het, weer... Lees Verder

Kerk, Geloof en Samelewing

11. Kerk, Geloof en Samelewing Is mense wat aan ‘n kerk behoort beter mense as dié wat nie aan ‘n kerk behoort nie? Is ‘n gelowige sakeman ‘n beter sakeman as ‘n ongelowige persoon? Enige persoon, gelowig of ongelowig, kan ‘n goeie sosiale gewete hê, sy werk goed doen en goed wees vir diegene wat op sy pad kom. Geloof en kerklidmaatskap is opsigself ook nie ‘n waarborg vir goeie gedrag nie. Daar is baie voorbeelde deur die eeue van wangedrag deur kerke en kerklidmate. Dit was meestal omdat hulle geloofslewe ondergeskik geraak het aan wêreldse voorkeure en ideologieë. Gelowiges is nie volm... Lees Verder

Is daar in die Bybel 'n duidelike reël vir elke probleem wat mag opduik?

12. Is daar in die Bybel ‘n duidelike reël vir elke probleem wat mag opduik? Ons lewe in ‘n gebroke wêreld en het onvoldoende kennis en insig in die kompleksiteit van die wêreld - m.a.w. die natuur en die samelewing. Die Bybel leer dit vir ons in 1 Korinthiërs 13:12: “Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.” Daar is situasies wat as grys areas opduik. Kwessies waar die antwoorde nie klinkklaar is nie. Die res van 1 Korinthiërs 13 wys egter vir ons die rigting aan. Die eerste agt verse brei uit oor die aard en die krag van die liefde. Die ... Lees Verder

Ideologieë

13. Ideologieë ‘n Ideologie kan ligweg beskryf word as ‘n stel voorkeure en denkwyses, hoofsaaklik op ekonomiese, kulturele, politieke en religieuse gebied. Ideologieë is geneig om denke te oorheers en hulle eie beginsels te ontwikkel. Dit voorsien mettertyd die riglyne vir die aanhangers se lewe. Voorbeelde is sosialisme, kapitalisme, nasionalisme, patriotisme, liberalisme en marxisme. Daar is ook oorvleueling tussen sekere ideologieë. Patriotisme en nasionalisme loop byvoorbeeld dikwels hand aan hand. Maar dit is ‘n komplekse onderwerp. Mense se uitsprake word soms oorinterpreteer en dan ... Lees Verder

Fundamentalisme

14. Fundamentalisme Sekere kerke, gelowe en opvattings word soms as fundamentalisties beskryf. Wat beteken dit en waar lê die probleem? Fundamentalisme is nie ‘n selfstandinge ideologie nie, eerder ‘n ingesteldheid oor die interpretasie van beginsels en reëls. Die term word dikwels gebruik om godsdienstiges (enige geloof) te etiketteer wanneer hulle ‘n rigiede, ongenuanseerde en letterlike interpretasie van hulle geloofsbronne nastreef. Die term word ook gebruik om die rigiede aanhang van ander dogmas en ideologieë te beskryf. ’n Bietjie anders gestel: ‘n (Geloofs)beginsel word bv. in iso... Lees Verder

Geloof en Wetenskap

15. Geloof en Wetenskap Ongelowiges stel geloof en wetenskap meestal teenoor mekaar, met ander woorde onversoenbaar. In hulle oë gaan geloof oor aannames en mites, terwyl wetenskap oor die logiese bewys van dinge gaan. Gelowiges ontken glad nie die rol van logika nie. Dit word ook nie onderbeklemtoon nie. Inteendeel, logika is ‘n inherente komponent van ‘n wêreld wat ordelik geskape is. God het die wêreld wetmatig geskape. Dit is onderworpe aan reëls wat in logiese verband met mekaar in die natuur opereer. Die Bybel is baie duidelik daaroor. Die volgorde waarin die wêreld geskape is, maak ... Lees Verder

Kwessies waarmee die ongelowige wêreld gelowiges voortdurend konfronteer

16. Kwessies waarmee die ongelowige wêreld gelowiges voortdurend konfronteer Die argumente wat ons die meeste hoor is dat daar geen bewys van die bestaan van ‘n Opperwese is nie, dat die Bybel homself weerspreek, dat geloof ‘n psigologiese verskynsel is, dat ‘n liefdevolle God tog nie al die lyding op aarde sou toelaat en selfs veroorsaak nie, dat gelowiges deur die eeue self baie liefdeloos was - onder andere kolonialiste en Afrikaner-nasionaliste, dat die wonderwerke in die Bybel opgemaakte stories is en dat die wetenskap toenemend alle vrae beantwoord en vraagstukke oplos. Hiervolgens is... Lees Verder

Die Eindtyd en die Wederkoms van Christus

17. Die Eindtyd en die Wederkoms van Christus Voorspellings oor die eindtyd, die tyd net voor die wederkoms van Jesus, is ‘n gewilde tema van mense wat hulleself as profete voordoen en ook van sekere sektariese genootskappe. ‘n Mens hoor minder daaroor in die konvensionele kerke. Die valse profete wat voortdurend die tekens van die eindtyd propageer, doen dit of omdat hulle hulleself op ‘n onskriftuurlike dwaalweg bevind of om hulle eie belange te bevorder. Dit kan ‘n finansiële belang wees of die bou van ‘n selfbeeld. Die deurmekaar wêreld wat ons tans ervaar en die groeiende sekularisme ... Lees Verder

Ten Slotte

Ten Slotte Die Drie-enige God is in beheer van die wêreld Die mens het gesondig en verdien die ewige verdoemenis Die liefdevolle en genadige God het ons gered Ons moet dit glo, God voortdurend loof en dank en liefde aan ons medemens betoon Ons lewe in ‘n gebroke en sondige wêreld wat ons net ten dele verstaan, maar met die vaste vertroue dat God ons in sy hand hou Wanneer die tyd wat God beskik aanbreek, leef ons by Hom op ‘n Nuwe Aarde in Ewige Saligheid Lees die Bybel elke dag, met groot aandag en beleef jou verhouding met God aktief. Gaan lees ook verder - insiggewend en ... Lees Verder

© Attie Retief, 2025