Alomteenwoordigheid

Alomteenwoordigheid verwys na die leer dat God tegelyk en volkome teenwoordig is op elke plek. Anders as ‘n fisiese wese wat net op een plek op ‘n slag kan wees, is God se wese nie gebonde aan ruimte of tyd nie. Psalm 139:7–10 beskryf dat daar geen plek is waar ‘n mens vir God kan wegvlug nie – Hy is teenwoordig in die hemel sowel as in die dieptes van die aarde, oral en altyd ten volle teenwoordig, sonder dat Sy wese verdeel of versprei word.

© Attie Retief, 2025