Emanasie

Emanasie is ‘n filosofiese konsep wat beskryf hoe alle werklikheid uit ‘n enkele, transendente bron “uitvloei” of “uitstraal” in ‘n hierargiese orde. In Neoplatoniese filosofie emaneer alle werklikheid uit die Een (God), eers na die Intellek, dan na die Siel, en laastens na die materiele wereld – soos lig van ‘n kaars uitstraal en swakker word hoe verder dit gaan. Elke vlak van werklikheid is minder perfek as die vorige. Hierdie konsep verskil wesenlik van die Christelike skeppingsleer, wat leer dat God deur Sy vrye wil uit niks (ex nihilo) geskape het, nie deur ‘n natuurlike uitvloeiingsproses nie.

© Attie Retief, 2025