God-met-ons (Immanuel)

“God-met-ons” (Hebreeus: Immanuel) is ‘n Bybelse titel vir Jesus Christus wat die waarheid uitdruk dat God self in ons midde gekom woon het. Dit wys op God se immanensie in die hoogste en mees persoonlike sin. Matteus 1:23 haal Jesaja 7:14 aan: ”Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n Seun baar, en hulle sal Hom Immanuel noem.” In Christus is God self teenwoordig onder die mense – die vervulling van God se belofte om by Sy volk te wees, op ‘n unieke wyse geopenbaar in die menswording van Jesus.

© Attie Retief, 2025