Panteisme is die filosofiese en godsdienstige siening dat God en die heelal identiek is – dat God is die heelal en die heelal is God. Volgens hierdie opvatting is daar geen onderskeid tussen die Skepper en die skepping nie; alles wat bestaan is deel van of ‘n manifestasie van die goddelike wese. Baruch Spinoza was ‘n bekende panteis wat geleer het dat God en natuur dieselfde ding is (Deus sive Natura). Volgens hom is God nie ‘n persoonlike wese buite die wereld nie, maar die totale som van alle natuurlike kragte en wette wat die heelal regeer. Hierdie siening staan in teenstelling met die Christelike leer wat onderskei tussen God as Skepper en Sy skepping.