Ontologie is die tak van filosofie wat vra: “Wat bestaan?” en “Wat beteken dit om te wees?” Dit ondersoek die verskillende tipes bestaan (soos fisiese, morele of geestelike dinge) en hul onderlinge verhoudings. Wanneer ons byvoorbeeld onderskei tussen iets wat werklik is (soos God of die natuur) en wat slegs denkbeeldig is (soos ‘n fantasiefiguur), beoefen ons ontologie. In teologie is ontologie belangrik om te verstaan wat dit beteken dat God “is” en dat Hy die grond van alle ander wees is.