ImmanensieImmanence

Immanensie verwys na die idee dat die goddelike, die werklikheid of die grond van bestaan aanwesig is binne die wereld, eerder as buite of bo dit. In teenstelling met transendensie beklemtoon immanensie die nabyheid, betrokkenheid en teenwoordigheid van iets in die geskape orde of binne-in die menslike ervaring. God word in sommige tradisies as immanent beskou – nie as ‘n afgelee wese in die hemel nie, maar as teenwoordig binne elke aspek van die skepping, selfs binne-in die menslike hart. In sekere panteistiese of panenteistiese wereldbeskouings word God of die goddelike selfs vereenselwig met die hele natuur of werklikheid self. Die spanning tussen immanensie en transendensie speel ‘n sentrale rol in teologiese en filosofiese denke oor God, die natuur van werklikheid, en hoe ons sin maak van ons ervaring van die heilige.

Immanence refers to the idea that the divine, reality, or the ground of being is present within the world, rather than outside or above it. In contrast to transcendence, immanence emphasises the nearness, involvement, and presence of something within the created order or within human experience. God is regarded in some traditions as immanent – not as a remote being in heaven, but as present within every aspect of creation, even within the human heart. In certain pantheistic or panentheistic worldviews God or the divine is even identified with all of nature or reality itself. The tension between immanence and transcendence plays a central role in theological and philosophical thought about God, the nature of reality, and how we make sense of our experience of the holy.

© Attie Retief, 2025