Metafisika

Metafisika is die tak van filosofie wat handel oor die fundamentele aard van werklikheid. Dit vra vrae oor wat bestaan, wat dit beteken om te wees, en hoe verskillende aspekte van die werklikheid – soos tyd, ruimte, identiteit en oorsaaklikheid – met mekaar verband hou. Wanneer ons byvoorbeeld vra of God bestaan, wat die aard van bestaan self is, of wat dit beteken vir iets om werklik te wees, betree ons die terrein van die metafisika. As kernkomponent van die klassieke teisme vorm metafisika die grondslag van ons wereldbeskouing, omdat dit help om ons verstaan van God, die skepping en ons plek daarin te struktureer.

© Attie Retief, 2025