Kosmologiese Argument

Die kosmologiese argument is ‘n filosofiese redenasie wat beweer dat omdat dinge bestaan – en spesifiek omdat dinge nie uit hulleself ontstaan het nie – daar ‘n eerste oorsaak of selfstandige grond van alles moet wees. ‘n Klip wat val het ‘n oorsaak; so ook die heelal. Maar hierdie ketting van oorsake kan nie oneindig teruggaan nie – daar moet iets wees wat self onveroorsaak is. Omdat daar iets is eerder as niks, moet daar ‘n eerste, nie-kontingente oorsaak wees, en dit noem ons God. Hierdie argument le aan die hart van baie klassieke verdedigings van God se bestaan.

© Attie Retief, 2025