EskatologieEschatology

Eskatologie is die teologiese studie van die “laaste dinge” – die finale gebeure in God se heilsplan vir die wereld. Dit sluit in die wederkoms van Christus, die opstanding van die dooies, die laaste oordeel, die nuwe hemel en aarde, en die ewige toestand van gereddes en verlorenes. Wanneer Christene vrae bespreek soos wat gebeur wanneer ons sterf, hoe Christus sal terugkeer, of hoe die nuwe hemel en aarde sal lyk, beweeg hulle op eskatologiese terrein. Hierdie leer gee hoop en perspektief aan gelowiges deur te wys dat die geskiedenis ‘n doel het en dat God se koninkryk uiteindelik volkome sal seevier.

Eschatology is the theological study of the “last things” – the final events in God’s plan of salvation for the world. It includes the return of Christ, the resurrection of the dead, the last judgement, the new heaven and earth, and the eternal state of the saved and the lost. When Christians discuss questions such as what happens when we die, how Christ will return, or what the new heaven and earth will look like, they are moving on eschatological ground. This doctrine gives hope and perspective to believers by showing that history has a purpose and that God’s kingdom will ultimately triumph completely.

© Attie Retief, 2025