Hermeneutiek

Hermeneutiek is die wetenskap en kuns van interpretasie, veral van tekste. In die teologie verwys dit na die beginsels en metodes wat gebruik word om die Bybel korrek te verstaan en uit te le. Wanneer ‘n prediker byvoorbeeld ‘n Bybelgedeelte verduidelik, gebruik hy hermeneutiese beginsels om die oorspronklike betekenis van die teks te verstaan en dan te wys hoe dit vandag toegepas kan word – met inagneming van die historiese konteks, die literere styl en die teologiese boodskap. Hierdie dissipline is noodsaaklik vir verantwoordelike Bybeluitleg en help ons om die Woord van God akkuraat te verstaan en toe te pas.

© Attie Retief, 2025