Morele objektivisme is die oortuiging dat sekere morele waarhede universeel en onafwendbaar waar is, ongeag menslike opinie of kultuurverskille. Goed en kwaad is nie slegs sosiale konstrukte nie, maar is in wese gewortel in ‘n hoer, vaste standaard. Om onskuldiges te martel is byvoorbeeld altyd verkeerd – nie net omdat ‘n samelewing dit se nie, maar omdat dit objektief verkeerd is. Vir die Christen is hierdie morele orde gegrond in die karakter van God self.