2. Die Bybel
Die gesag vir ons geloof vind ons in die Bybel. Die Bybel is nie ‘n boek wat ‘n mens een of twee keer kan lees en dan wegsit nie. Gelowiges wat lewenslank met die Bybel saamkom, getuig dat Bybelstudie elke dag en regdeur ‘n mens se lewe openbarend, geloofsverrykend en ondersteunend werk. Aan die ander kant weet ons ook dat iemand wat nie meer voortdurend met die Bybel omgaan nie, se geloofslewe kwyn en kan vergaan. Dit is iets om oor diep na te dink.
Die aard en kompleksiteit van die Bybel beteken ook dat ‘n mens dit nie regtig in ‘n kort opsomming kan aanbied nie. Die skets en uiteensetting hieronder probeer ook slegs perspektief gee oor die wese en samestelling daarvan.
Die Bybel se tydlyn:
- Skepping: Die lewe in die Paradys, in harmonie met God, met mekaar en met die wêreld
- Sondeval: Die sondige mens in ‘n gebroke wêreld, met wie God ‘n verbond sluit
- Die koms van Christus: ‘n Nuwe eeu begin vir die wat in Jesus Christus glo
- Die wederkoms van Christus: Die Ewige Lewe op ‘n Nuwe Aarde
Die stryd met die wêreld duur voort.
Ou Testament Die Ou Testament kan soos volg ingedeel word: Die Pentateug, ook bekend as die Boeke van Moses, is die eerste vyf boeke, van Genesis tot Deuteronomium. Dit vertel die verhaal van die skepping van die wêreld tot die dood van Moses en die Israeliete se voorbereiding om die land Kanaän in te gaan. Dit word in drie dele vertel:
- Die eerste deel (Gen. 1-11) gaan oor die Skepping, die Sondeval en die begin van die lewe van die mensdom buite die tuin van Eden. Die stryd tussen Goed en Kwaad word na die Sondeval voortgesit - Kaïn en Abel en die ongehoorsaamheid van die mense wat eers tot die Sondvloed lei en daarna tot die spraakverwarring by Babel.
- Die tweede deel (Genesis 12-50) handel oor die Israeliete se voorsate, hoofsaaklik Abraham, Isak, Jakob en Josef. Dit beskryf die verbond wat God met Abraham sluit en die lewe van sy nasate in Egipte waar hulle tot ‘n afsonderlike volk groei.
- Die derde deel, wat met die boek van Eksodus begin, beskryf die uittog uit Egipte en die vroeë geskiedenis van Israel as ‘n volk onderweg na die beloofde land. Dit bevat verskeie wette oor hoe die Israeliete hulle samelewing moet reël en bou. Deuteronomium is hoofsaaklik Moses se finale toespraak aan die volk waarin hy die liefde van God vir sy verbondsvolk beklemtoon.
Die elf boeke van Josua tot by Nehemia word soms die Geskiedenisboeke van die Ou Testament genoem. Dit deel met ons die geskiedenis van Israel tydens en na die intog in Kanaän en hulle stryd met die volke van Kanaän. Die geweld en menslike lyding wat hier beskryf word, lei steeds vanuit ongelowige kringe tot die bevraagtekening van die bestaan van ‘n liefdevolle God. En dit is nie iets wat met die eerste oogopslag maklik verstaan word nie. Later volg meer hieroor.
Die volgende vyf boeke, Psalms tot by Hooglied van Salomo, staan ook bekend as die sogenaamde Leerboeke van die Ou Testament. Hierdie boeke fokus op die verhouding tussen mens en God en mense met mekaar.
Die res van die Ou Testament word die Profetiese boeke genoem. Soos die naam aandui, handel dit oor die leringe van bepaalde persone nadat hulle openbarings van God ontvang het. Dit begin met Jesaja en eindig met Maleagi. Die eerste vyf boeke van Jesaja tot by Daniël staan bekend as die boeke van die groot profete. Die res is die boeke van die klein profete en hulle is meestal kort en fokus op enkele profesieë.
Die Ou Testament word deesdae in sommige kringe ondergeskik gestel aan die Nuwe Testament. Christus het inderdaad ook die profesieë van die Ou Testament vervul. Dit is egter nie moontlik om ‘n volledige begrip van die Nuwe Testament te ontwikkel sonder ‘n deeglike kennis van die Ou Testament nie.
Die Ou Testament openbaar vir ons die gebrokenheid van die lewe en die wêreld na die Sondeval, maar sê ook dat God in beheer is en wys op die koms van die Verlosser. En in die Nuwe Testament word daar telkens na die Ou Testament terugverwys.
Nuwe Testament Die Nuwe Testament beskryf die geboorte, lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart van Christus en die betekenis daarvan vir die wêreld. Dit kan in drie dele verdeel word:
- Eerstens die vier Evangelies wat die lewe van Christus op aarde beskryf en Handelinge wat gaan oor die werk van die eerste Christene. Handelinge vertel van die weerstand wat die apostels ervaar, van Saulus se vervolging van Christene, sy bekering en sy besondere werk as geroepene onder die naam Paulus.
- Dan volg die Briewe wat die apostels aan gemeentes en individue regdeur die Romeinse Ryk geskryf het om die aanvanklike leringe op te volg en aspekte van die geloofslewe te beklemtoon. Die dwaalleringe wat ontstaan word pertinent aangespreek.
- Die laaste boek is die Openbaring aan Johannes. Dit beskryf die openbarings aan hom oor die eindtyd en die Nuwe Jerusalem. Dit is in simboliese taal geskryf en moet verstaan word in die lig van die kernboodskap dat daar na ‘n tydperk van lyding en beproewing ‘n ewige lewe van saligheid by die Drie-enige God op die verloste mense wag.
Die wêreld bly gebroke na die koms en kruisiging van Christus, maar vir die gelowige Christen het daar ‘n nuwe tydperk aangebreek. ‘n Tydperk van ‘n voortgesette stryd tussen verloste mense en die wêreld, maar ook ‘n tyd van vooruitkyk na die Wederkoms van Christus wanneer die wêreld vernuwe sal word en die stryd vir altyd agtergelaat word. In sy Bergrede (Matheus 5-7) vat Jesus dit volledig saam.
2. The Bible
The authority for our faith is found in the Bible. The Bible is not a book that one can read once or twice and then set aside. Believers who engage with the Bible throughout their lives testify that Bible study works in a revelatory, faith-enriching, and supportive way every day and throughout a person’s life. On the other hand, we also know that the faith life of someone who no longer engages with the Bible regularly can wither and perish. This is something to reflect on deeply.
The nature and complexity of the Bible also means that one cannot really present it in a short summary. The sketch and outline below merely attempts to provide perspective on its essence and composition.
The Bible’s timeline:
- Creation: Life in Paradise, in harmony with God, with one another, and with the world
- The Fall: Sinful humanity in a broken world, with whom God establishes a covenant
- The coming of Christ: A new era begins for those who believe in Jesus Christ
- The return of Christ: Eternal Life on a New Earth
The struggle with the world continues.
Old Testament The Old Testament can be divided as follows: The Pentateuch, also known as the Books of Moses, consists of the first five books, from Genesis to Deuteronomy. It tells the story from the creation of the world to the death of Moses and the Israelites’ preparation to enter the land of Canaan. It is told in three parts:
- The first part (Gen. 1–11) deals with Creation, the Fall, and the beginning of human life outside the Garden of Eden. The struggle between Good and Evil continues after the Fall — Cain and Abel and the disobedience of humanity that leads first to the Flood and then to the confusion of languages at Babel.
- The second part (Genesis 12–50) concerns the ancestors of the Israelites, primarily Abraham, Isaac, Jacob, and Joseph. It describes the covenant that God makes with Abraham and the life of his descendants in Egypt where they grow into a distinct people.
- The third part, beginning with the book of Exodus, describes the exodus from Egypt and the early history of Israel as a people on their way to the promised land. It contains various laws about how the Israelites should order and build their society. Deuteronomy is primarily Moses’ final address to the people in which he emphasises God’s love for his covenant people.
The eleven books from Joshua to Nehemiah are sometimes called the Historical Books of the Old Testament. They share with us the history of Israel during and after the entry into Canaan and their struggle with the peoples of Canaan. The violence and human suffering described here continues to lead, from unbelieving circles, to the questioning of the existence of a loving God. And this is not something easily understood at first glance. More on this will follow later.
The next five books, Psalms through to the Song of Solomon, are also known as the so-called Wisdom Books of the Old Testament. These books focus on the relationship between humanity and God and between people with one another.
The rest of the Old Testament is called the Prophetic Books. As the name indicates, these deal with the teachings of certain persons after they received revelations from God. They begin with Isaiah and end with Malachi. The first five books from Isaiah to Daniel are known as the books of the Major Prophets. The rest are the books of the Minor Prophets and they are mostly short, focusing on individual prophecies.
The Old Testament is nowadays subordinated to the New Testament in some circles. Christ did indeed fulfil the prophecies of the Old Testament. However, it is not possible to develop a full understanding of the New Testament without a thorough knowledge of the Old Testament.
The Old Testament reveals to us the brokenness of life and the world after the Fall, but also declares that God is in control and points to the coming of the Redeemer. And in the New Testament, the Old Testament is repeatedly referred back to.
New Testament The New Testament describes the birth, life, death, resurrection, and ascension of Christ and its significance for the world. It can be divided into three parts:
- First, the four Gospels that describe the life of Christ on earth, and Acts, which deals with the work of the first Christians. Acts tells of the resistance the apostles experienced, of Saul’s persecution of Christians, his conversion, and his remarkable work as one called under the name Paul.
- Then follow the Epistles, which the apostles wrote to congregations and individuals throughout the Roman Empire to follow up on initial teachings and to emphasise aspects of the life of faith. The heresies that arose are directly addressed.
- The last book is the Revelation to John. It describes the revelations given to him about the end times and the New Jerusalem. It is written in symbolic language and must be understood in the light of the core message that after a period of suffering and trial, an eternal life of blessedness with the Triune God awaits the redeemed.
The world remains broken after the coming and crucifixion of Christ, but for the believing Christian a new era has dawned. An era of continued struggle between the redeemed and the world, but also a time of looking forward to the Return of Christ when the world will be renewed and the struggle left behind forever. In his Sermon on the Mount (Matthew 5–7), Jesus summarises this comprehensively.