17. Die Eindtyd en die Wederkoms van Christus
Voorspellings oor die eindtyd, die tyd net voor die wederkoms van Jesus, is ‘n gewilde tema van mense wat hulleself as profete voordoen en ook van sekere sektariese genootskappe. ‘n Mens hoor minder daaroor in die konvensionele kerke.
Die valse profete wat voortdurend die tekens van die eindtyd propageer, doen dit of omdat hulle hulleself op ‘n onskriftuurlike dwaalweg bevind of om hulle eie belange te bevorder. Dit kan ‘n finansiële belang wees of die bou van ‘n selfbeeld. Die deurmekaar wêreld wat ons tans ervaar en die groeiende sekularisme voed hierdie tipe profesieë.
Laat ons in die proses nooit vergeet nie dat die wêreld in die afgelope 2000 jaar al baie erger tye deurgemaak het as wat tans die geval is.
Ons weet nie wanneer dit sal gebeur nie. Dit kan binnekort gebeur, of oor ‘n honderd jaar, of oor ‘n duisend jaar. Mattheus 24:36 sê baie duidelik:
“Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.”
Jesus maak dit in Mattheus 24 duidelik dat daar valse profete sal kom wat die mense sal mislei oor die eindtyd. Hy noem rampe soos aardbewings, hongersnode en oorloë wat egter nog nie die einde is nie. Hy noem dit “geboortepyne” (vers 8), die begin van die nuwe tyd.
Die Christen se antwoord op valse profesieë moet wees om te fokus op dit wat Jesus in Mattheus 24 as die kritiese aspek voorhou, naamlik volharding in die geloof te midde van ‘n mensdom wat toenemend sy rug daarop draai.
Ons kan nie uit dit wat ons in die wêreld sien gebeur aflei dat die wederkoms met ons is nie. Mattheus 24:27 sê:
“Die koms van die Seun van die mens sal wees soos ‘n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lug ruim tot in die weste verlig.”
En vers 42:
“Bly dus waaksaam omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.”
Ons moet daarna uitsien en altyd voorbereid wees. Net soos wat ek voorbereid moet wees dat die einde van my eie lewe enige tyd kan aanbreek en dat dit net so lotsbepalend vir my is as die wederkoms van die Seun van God.
17. The End Times and the Second Coming of Christ
Predictions about the end times, the period just before the return of Jesus, are a popular theme among people who present themselves as prophets and also among certain sectarian groups. One hears less about it in the mainstream churches.
The false prophets who continually propagate the signs of the end times do so either because they find themselves on an unscriptural path of error or to advance their own interests. This may be a financial interest or the building of a self-image. The chaotic world we currently experience and the growing secularism feed these types of prophecies.
Let us never forget in the process that the world has gone through far worse times in the past 2,000 years than is currently the case.
We do not know when it will happen. It could happen soon, or in a hundred years, or in a thousand years. Matthew 24:36 says very clearly:
“But about that day or hour no one knows, not even the angels in heaven, nor the Son, but only the Father.”
Jesus makes it clear in Matthew 24 that false prophets will come who will deceive people about the end times. He mentions disasters such as earthquakes, famines, and wars that are nevertheless not yet the end. He calls these “birth pains” (verse 8), the beginning of the new age.
The Christian’s response to false prophecies must be to focus on what Jesus presents in Matthew 24 as the critical aspect, namely perseverance in the faith amid a humanity that increasingly turns its back on it.
We cannot deduce from what we see happening in the world that the second coming is upon us. Matthew 24:27 says:
“For as lightning that comes from the east is visible even in the west, so will be the coming of the Son of Man.”
And verse 42:
“Therefore keep watch, because you do not know on what day your Lord will come.”
We must look forward to it and always be prepared. Just as I must be prepared that the end of my own life could come at any time and that it is just as destiny-determining for me as the second coming of the Son of God.