Jy kan goed wees sonder om in God te glo, maar nie sonder God nieYou can be good without believing in God, but not without God

— deurby Attie Retief

Jy kan goed wees sonder om in God te glo, maar nie sonder God nie

Kort antwoord: Natuurlik kan mense wat nie glo nie, goed wees, en die Bybel verwag dit selfs. Die vraag is nie of hulle goed kán wees nie, maar wat “goed” beteken as daar niks bo ons is waaraan dit gemeet word nie.

Jy ken iemand soos sy. Sy glo nie in God nie, en sy sê dit eerlik. Maar sy is die eerste een by die hospitaal as iemand siek is, en sy staan op vir die kind wat geboelie word. En sy sê: “Ek het nie God nodig om goed te wees nie.”

Jy wil haar nie teëspreek nie, want in ‘n sekere sin is sy reg.

Wat waar is

Sy is reg, en die Bybel sê dit self. Paulus skryf in Romeine 2:14–15 dat mense wat nooit die wet van Moses gehad het nie, tog uit hulleself doen wat die wet vra, omdat die wet in hulle harte geskryf is en hulle gewete daarvan getuig. Die Gereformeerde tradisie praat van God se algemene genade: Hy hou die goeie in die wêreld aan die lewe, ook by mense wat Hom nie ken nie.

Die Christen wat sê ongelowiges kan nie goed wees nie, het dus sy Bybel verkeerd.

Twee vrae wat op mekaar gestapel is

Die een is: kan ‘n mens goed wees sonder om in God te glo? Ja. Die ander is: is daar enigiets wat goed is as daar nie ‘n God is nie? Dit is ‘n heel ander vraag.

Die Skotse filosoof David Hume het in die agtiende eeu iets raakgesien wat ateïste en Christene albei erken: uit wat is, kan jy nie aflei wat behoort te wees nie. Die natuur wys jou dat die sterkes die swakkes eet. Dit sê nie vir jou dat hulle dit nie behoort te doen nie.

Sê nou jy sê: “Om ‘n kind vir die pret te martel, is verkeerd.” Jy bedoel nie “ek hou nie daarvan nie”. Jy bedoel ook nie “ons kultuur het so besluit”. Jy bedoel dit sou verkeerd wees al het die hele wêreld daarvoor gestem. Waar woon so ‘n “verkeerd”? As die heelal net deeltjies en kragte is, het dit nêrens ‘n adres nie.

C. S. Lewis het teen God gestry omdat die wêreld so wreed en onregverdig lyk. Toe besef hy: jy noem nie ‘n lyn krom as jy nie weet hoe ‘n reguit lyn lyk nie.

Die draai

Kyk nou weer na jou vriendin. Haar goedheid is nie ‘n argument teen God nie. Dit is ‘n getuie vir die wet wat Paulus beskryf. Sy leef elke dag volgens ‘n maatstaf wat sy nie self gemaak het nie, en sy hou dit aan ander voor asof dit vir almal geld. En dit geld ook vir almal.

En die Christelike geloof het nooit gesê gelowiges is beter mense nie. Dit sê iets anders. Ons ken almal die maatstaf, gelowiges en ongelowiges, en ons skiet almal daarby te kort (Romeine 3:23). Die evangelie is nie ‘n program om goed te word nie. Dit is genade vir mense wat weet hulle is nie.

Volgende keer

As iemand sê hy kan goed wees sonder God, stem saam. Vra dan net: “Goed volgens wie se maatstaf?”

En vra dit op ‘n manier wat hom nie laat voel jy is beter as hy nie. Dit sou die punt bederf.

Gaan dieper

You can be good without believing in God, but not without God

Short answer: Of course people who don’t believe can be good, and the Bible even expects it. The question is not whether they can be good, but what “good” means if there is nothing above us to measure it by.

You know someone like her. She doesn’t believe in God, and she says so honestly. But she is the first one at the hospital when someone is ill, and she stands up for the kid who is being bullied. And she says: “I don’t need God to be good.”

You don’t want to contradict her, because in a sense she is right.

What is true

She is right, and the Bible says so itself. Paul writes in Romans 2:14–15 that people who never had the law of Moses still do by nature what the law requires, because the law is written on their hearts and their conscience bears witness to it. The Reformed tradition speaks of God’s common grace: he keeps goodness alive in the world, also in people who do not know him.

So the Christian who says unbelievers cannot be good has got his Bible wrong.

Two questions stacked on top of each other

One is: can a person be good without believing in God? Yes. The other is: is anything good at all if there is no God? That is a very different question.

The Scottish philosopher David Hume noticed something in the eighteenth century that atheists and Christians both acknowledge: from what is, you cannot derive what ought to be. Nature shows you the strong eating the weak. It does not tell you they ought not to.

Suppose you say: “Torturing a child for fun is wrong.” You don’t mean “I don’t like it”. Nor do you mean “our culture has decided so”. You mean it would be wrong even if the whole world voted for it. Where does a “wrong” like that live? If the universe is only particles and forces, it has no address anywhere.

C. S. Lewis argued against God because the world seemed so cruel and unjust. Then he realised: you don’t call a line crooked unless you know what a straight line looks like.

The turn

Now look at your friend again. Her goodness is not an argument against God. It is a witness to the law Paul describes. She lives every day by a standard she did not make, and she holds it up to others as if it applies to everyone. It does.

And the Christian faith never said believers are better people. It says something else. We all know the standard, believers and unbelievers, and we all fall short of it (Romans 3:23). The gospel is not a programme for becoming good. It is grace for people who know they aren’t.

Next time

When someone says he can be good without God, agree. Then just ask: “Good by whose standard?”

And ask it in a way that doesn’t make him feel you think you’re better than him. That would rather spoil the point.

Go deeper

© Attie Retief, 2025–2026