Sondag 1
Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met liggaam en siel, in lewe en in sterwe, nie aan myself nie, maar aan my getroue Saligmaker, Jesus Christus, behoort¹. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes volkome betaal² en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos³ en so bewaar Hy my, dat sonder die wil van my hemelse Vader nie een haar van my hoof kan val nie⁴, ja, dat alle dinge tot my saligheid moet meewerk⁵. Daarom maak Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe seker⁶ en Hy maak my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe⁷.
Skrifverwysings: 1: Romeine 14:7-9; 1 Korintiërs 6:19-20 2: 1 Petrus 1:18-19 3: 1 Johannes 3:8; Johannes 8:34-36 4: Matteus 10:29-31; Lukas 21:18 5: Romeine 8:28 6: 2 Korintiërs 1:21-22; Romeine 8:16-17 7: Romeine 12:1; Lukas 1:74-75
Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie:
- Eerstens, hoe groot my sonde en ellende is¹;
- Tweedens, hoe ek van al my sondes en ellende verlos word²;
- Derdens, hoe ek God vir so ‘n verlossing dankbaar moet wees³.
Skrifverwysings: 1: Romeine 3:9-10; Romeine 7:24 2: Johannes 17:3; Romeine 6:23 3: Efesiërs 5:8-10; Romeine 6:1-2
Lord’s Day 1
Question 1: What is your only comfort in life and in death? Answer: That I, with body and soul, both in life and in death, am not my own, but belong to my faithful Saviour Jesus Christ¹. He has fully paid for all my sins with his precious blood², and has set me free from all the power of the devil³. He also preserves me in such a way that without the will of my heavenly Father not a hair can fall from my head⁴; indeed, all things must work together for my salvation⁵. Therefore, by his Holy Spirit he also assures me of eternal life⁶ and makes me heartily willing and ready from now on to live for him⁷.
Scripture references: 1: Romans 14:7-9; 1 Corinthians 6:19-20 2: 1 Peter 1:18-19 3: 1 John 3:8; John 8:34-36 4: Matthew 10:29-31; Luke 21:18 5: Romans 8:28 6: 2 Corinthians 1:21-22; Romans 8:16-17 7: Romans 12:1; Luke 1:74-75
Question 2: How many things must you know to live and die in the blessedness of this comfort? Answer: Three:
- First, how great my sin and misery are¹;
- Second, how I am delivered from all my sins and misery²;
- Third, how I am to be thankful to God for such deliverance³.
Scripture references: 1: Romans 3:9-10; Romans 7:24 2: John 17:3; Romans 6:23 3: Ephesians 5:8-10; Romans 6:1-2