Sondag 33

Sondag 33

Vraag 88: Waaruit bestaan die ware bekering van die mens?
Antwoord:
Uit twee dele: die afsterwe van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens¹.

Skrifverwysings:
1: Efesiërs 4:22-24; Kolossense 3:5-10; Romeine 6:1-11


Vraag 89: Wat is die afsterwe van die ou mens?
Antwoord:
Dit is ’n hartlike berou dat ons God deur ons sondes vertoorn het¹,
en dit is om die sonde hoe langer hoe meer te haat en daarvan te vlug².

Skrifverwysings:
1: Psalm 51:3-4, 17
2: Romeine 8:13; 2 Korintiërs 7:10


Vraag 90: Wat is die opstanding van die nuwe mens?
Antwoord:
Dit is ’n hartlike vreugde in God deur Christus¹,
en dit is ’n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe².

Skrifverwysings:
1: Romeine 5:1-2; 14:17
2: Romeine 6:10-11; Galasiërs 2:20


Vraag 91: Wat is goeie werke?
Antwoord:
Slegs dié wat uit ’n ware geloof¹,
volgens die wet van God²
en tot sy eer³ gedoen word,
en nie dié wat op ons goeddunke of op mense se voorskrifte gegrond is nie⁴.

Skrifverwysings:
1: Romeine 14:23
2: Levitikus 18:4; 1 Samuel 15:22
3: 1 Korintiërs 10:31
4: Jesaja 29:13; Matteus 15:9


© Attie Retief, 2025