Sondag 20
Vraag 51: Watter nut bring vir ons hierdie heerlikheid van ons Hoof, Christus? Antwoord: Eerstens stort Hy deur sy Heilige Gees die hemelse gawes op ons, sy lede, uit¹. Tweedens beskerm Hy ons met sy mag teen alle vyande².
Skrifverwysings: 1: Efesiërs 4:8 2: Psalm 110:1-2
Vraag 52: Wat troos jou die wederkoms van Christus om te oordeel die lewendes en die dooies? Antwoord: Dat ek in alle teenspoed en vervolging met opgehewe hoof dieselfde Een verwag wat Hom tevore om my ontwil aan die oordeel van God onderwerp het en al die vloek van my weggeneem het¹, en wat al my vyande in die ewige verdoemenis sal werp, maar my saam met al die uitverkorenes tot Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid sal neem².
Skrifverwysings: 1: Lukas 21:28; Romeine 8:23-24 2: Matteus 25:31-34; 2 Tessalonisense 1:6-10
Lord’s Day 20
Question 51: What benefit do we receive from this glory of our Head, Christ? Answer: First, that through His Holy Spirit He pours out heavenly gifts upon us, His members.¹ Second, that by His power He defends and preserves us against all enemies.²
Scripture References: 1: Ephesians 4:8 2: Psalm 110:1-2
Question 52: What comfort is it to you that Christ “shall come to judge the living and the dead”? Answer: That in all my sorrow and persecution I lift up my head and eagerly await as judge from heaven the very same One who before has submitted Himself to the judgment of God for my sake and has removed all the curse from me;¹ who will cast all His and my enemies into everlasting condemnation, but will take me, together with all His elect, to Himself into heavenly joy and glory.²
Scripture References: 1: Luke 21:28; Romans 8:23-24 2: Matthew 25:31-34; 2 Thessalonians 1:6-10