Sondag 18

Sondag 18

Vraag 46: Hoe verstaan jy: “Opgevaar na die hemel”?
Antwoord:
Dat Christus voor die oë van sy dissipels van die aarde opgeneem is na die hemel¹
en dat Hy daar vir ons ten goede is totdat Hy weer kom om die lewendes en die dooies te oordeel².

Skrifverwysings:
1: Handelinge 1:9-11
2: Hebreërs 7:24-25


Vraag 47: Is Christus dan nie by ons tot die einde van die wêreld soos Hy ons belowe het nie?
Antwoord:
Christus is as ware mens nie meer op aarde nie¹,
maar as ware God, majesteit, genade en Gees wyk Hy nooit van ons nie².

Skrifverwysings:
1: Matteus 26:11; Johannes 16:28
2: Matteus 28:20


Vraag 48: Maar as sy menslike natuur nie oral is waar sy Godheid is nie,
word dan die twee nature van Christus nie van mekaar geskei nie?
Antwoord:
Glad nie, want aangesien sy Godheid onbeperk is en oral teenwoordig,
moet dit noodwendig volg dat dit buite sy aangeneemde menslike natuur is en tog ook daarin persoonlik bly verenig¹.

Skrifverwysings:
1: Johannes 3:13; Kolossense 2:9


© Attie Retief, 2025