Sondag 51
Vraag 126: Wat is die vyfde bede?
Antwoord:
“En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe” beteken:
Om U ontwil,
moet U ons, arme sondelaars, al ons sondes en ook die boosheid wat nog altyd aan ons kleef, nie toereken nie¹,
net soos ons ook van harte aan ander vergewe².
Skrifverwysings:
1: Psalm 51:1-7; 1 Johannes 2:1-2
2: Matteus 6:14-15