Sondag 25
Vraag 65: Aangesien dit slegs die geloof is wat ons met Christus en al sy weldade verbind, waar kom hierdie geloof vandaan? Antwoord: Van die Heilige Gees¹, wat dit in ons harte werk deur die verkondiging van die heilige evangelie² en dit versterk deur die gebruik van die sakramente³.
Skrifverwysings: 1: Efesiërs 2:8 2: Romeine 10:17 3: Matteus 28:19-20
Vraag 66: Wat is sakramente? Antwoord: Sigbare, heilige waartekens en seëls wat deur God ingestel is¹, sodat Hy deur die gebruik daarvan vir ons die belofte van die evangelie des te beter kan laat verstaan en verseël², naamlik dat Hy ons vanweë die eenmalige offer van Christus aan die kruis vergewing van sondes en die ewige lewe uit genade skenk³.
Skrifverwysings: 1: Matteus 28:19; 1 Korintiërs 11:23 2: Romeine 4:11 3: Matteus 26:27-28
Vraag 67: Is beide die Woord en die sakramente daarop gerig om ons geloof op die offer van Jesus Christus aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te vestig? Antwoord: Ja¹, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseël dit deur die sakramente dat ons hele saligheid berus op die eenmalige offer van Christus vir ons aan die kruis².
Skrifverwysings: 1: Romeine 6:3 2: Galasiërs 3:27
Lord’s Day 25
Question 65: Since faith alone makes us share in Christ and all His benefits, where does this faith come from? Answer: From the Holy Spirit,¹ who works it in our hearts by the preaching of the holy gospel² and strengthens it by the use of the sacraments.³
Scripture References: 1: Ephesians 2:8 2: Romans 10:17 3: Matthew 28:19-20
Question 66: What are the sacraments? Answer: They are visible, holy signs and seals instituted by God¹ so that by their use He may the more fully declare and seal to us the promise of the gospel,² namely, that He graciously grants us forgiveness of sins and everlasting life because of the one sacrifice of Christ accomplished on the cross.³
Scripture References: 1: Matthew 28:19; 1 Corinthians 11:23 2: Romans 4:11 3: Matthew 26:27-28
Question 67: Are both the Word and the sacraments then intended to direct our faith to the sacrifice of Jesus Christ on the cross as the only ground of our salvation? Answer: Yes,¹ for the Holy Spirit teaches us in the gospel and assures us by the sacraments that our entire salvation rests on the one sacrifice of Christ made for us on the cross.²
Scripture References: 1: Romans 6:3 2: Galatians 3:27