Sondag 41

Sondag 41

Vraag 108: Wat wil God in die sewende gebod hê?
Antwoord:
Dat alle onsedelikheid deur God vervloek word¹,
en dat ons daarom dit van harte moet haat²
en kuis en gedissiplineerd moet lewe,
hetsy in die heilige huwelik of buite die huwelik³.

Skrifverwysings:
1: Levitikus 18:30; Efesiërs 5:3-5
2: Judas 23
3: 1 Tessalonisense 4:3-4; Hebreërs 13:4


Vraag 109: Verbied God in hierdie gebod net owerspel en sulke skandelike sondes?
Antwoord:
Aangesien ons liggaam en siel tempels van die Heilige Gees is,
wil God hê dat ons beide rein en heilig bewaar¹.
Daarom verbied Hy alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes, begeertes²
en alles wat die mens daartoe kan verlei³.

Skrifverwysings:
1: 1 Korintiërs 6:18-20
2: Matteus 5:27-28
3: Efesiërs 5:18; 1 Korintiërs 15:33


© Attie Retief, 2025