Sondag 7
Vraag 20: Word al die mense dan deur Christus net so verlos as wat hulle deur Adam verlore gegaan het? Antwoord: Nee¹, net diegene wat Hom deur ‘n ware geloof as hulle Verlosser aanneem².
Skrifverwysings: 1: Matteus 7:14; Johannes 3:16, 36 2: Romeine 3:22; Hebreërs 4:2-3
Vraag 21: Wat is ‘n ware geloof? Antwoord: Dit is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles vir waar hou wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het nie¹, maar ook ‘n vaste vertroue² wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk³, dat nie alleen aan ander nie, maar ook aan my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid uit loutere genade, slegs ter wille van die verdienste van Christus, geskenk is⁴.
Skrifverwysings: 1: Jakobus 2:19 2: Hebreërs 11:1-2 3: Johannes 3:5; Matteus 16:17 4: Romeine 1:16-17; Galasiërs 2:20
Vraag 22: Wat moet ‘n Christen glo? Antwoord: Alles wat ons in die evangelie belowe word¹ en wat die artikels van ons algemeen-vasgestelde en ongetwyfelde Christelike geloof ons leer, naamlik:
Skrifverwysings: 1: Johannes 20:31; Matteus 28:20
Vraag 23: Wat is dit? Antwoord: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is, en neergedaal het na die hel; op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die lewendes en die dooies. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo ‘n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe. Amen.
Lord’s Day 7
Question 20: Are all men, then, saved through Christ just as they perished through Adam? Answer: No¹. Only those who by true faith are grafted into him and accept all his benefits².
Scripture references: 1: Matthew 7:14; John 3:16, 36 2: Romans 3:22; Hebrews 4:2-3
Question 21: What is true faith? Answer: It is not only a sure knowledge whereby I hold for truth all that God has revealed to us in his Word¹, but also a firm confidence² which the Holy Spirit works in my heart by the gospel³, that not only to others but to me also, forgiveness of sins, everlasting righteousness, and salvation are freely given by God, merely of grace, only for the sake of Christ’s merits⁴.
Scripture references: 1: James 2:19 2: Hebrews 11:1-2 3: John 3:5; Matthew 16:17 4: Romans 1:16-17; Galatians 2:20
Question 22: What, then, must a Christian believe? Answer: All that is promised us in the gospel¹, which the articles of our catholic and undoubted Christian faith teach us in summary.
Scripture references: 1: John 20:31; Matthew 28:20
Question 23: What are these articles? Answer: I believe in God the Father almighty, Creator of heaven and earth. And in Jesus Christ, his only-begotten Son, our Lord; who was conceived by the Holy Spirit, born of the virgin Mary; suffered under Pontius Pilate, was crucified, died and was buried, and descended into hell; on the third day he rose again from the dead; he ascended into heaven and sits at the right hand of God the Father almighty; from there he will come to judge the living and the dead. I believe in the Holy Spirit. I believe a holy catholic Christian church, the communion of saints; the forgiveness of sins; the resurrection of the body and the life everlasting. Amen.