Sondag 19

Sondag 19

Vraag 49: Watter nut bring vir ons die hemelvaart van Christus?
Antwoord:
Eerstens dat Hy in die hemel voor die aangesig van sy Vader ons Voorspraak is¹.
Tweedens dat ons ons vlees in die hemel as ’n betroubare waarborg het
dat Hy, as ons Hoof, ons, sy lede, ook daarheen sal neem².
Derdens dat Hy sy Gees as ’n waarborg aan ons stuur,
deur wie se krag ons soek wat daar bo is,
waar Christus aan die regterhand van God sit, en nie wat op die aarde is nie³.

Skrifverwysings:
1: Romeine 8:34; 1 Johannes 2:1
2: Johannes 14:2-3; Efesiërs 2:6
3: Kolossense 3:1-2


Vraag 50: Waarom word daar bygevoeg: “Sit aan die regterhand van God”?
Antwoord:
Omdat Christus daar opgegaan het
om Homself as Hoof van sy Christelike kerk te openbaar¹,
deur wie die Vader alles regeer².

Skrifverwysings:
1: Efesiërs 1:20-23
2: Matteus 28:18


© Attie Retief, 2025