Sondag 14
Vraag 35: Wat beteken: “wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria”? Antwoord: Dat die ewige Seun van God, wat ware en ewige God is en bly¹, die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria deur die werking van die Heilige Gees aangeneem het², sodat Hy ook die ware nageslag van Dawid is³, aan sy broers in alles gelyk, behalwe die sonde⁴.
Skrifverwysings: 1: Johannes 1:1, 14; 1 Johannes 5:20 2: Lukas 1:31, 35 3: 2 Samuel 7:12-16; Romeine 1:3 4: Hebreërs 4:15
Vraag 36: Watter nut het die heilige ontvangenis en geboorte van Christus vir jou? Antwoord: Dat Hy ons Middelaar is¹, en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde, waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek².
Skrifverwysings: 1: Hebreërs 2:16-17 2: 1 Petrus 1:18-19
Lord’s Day 14
Question 35: What does it mean that he “was conceived by the Holy Spirit, born of the virgin Mary”? Answer: That the eternal Son of God, who is and remains true and eternal God¹, took upon himself true human nature from the flesh and blood of the virgin Mary, by the working of the Holy Spirit², so that he might also be the true seed of David³, like his brothers in all things, except for sin⁴.
Scripture references: 1: John 1:1, 14; 1 John 5:20 2: Luke 1:31, 35 3: 2 Samuel 7:12-16; Romans 1:3 4: Hebrews 4:15
Question 36: What benefit do you receive from the holy conception and birth of Christ? Answer: That he is our Mediator¹, and with his innocence and perfect holiness covers, in the sight of God, my sin in which I was conceived and born².
Scripture references: 1: Hebrews 2:16-17 2: 1 Peter 1:18-19