Sondag 5Lord's Day 5

Sondag 5

Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God tydelik en ewig gestraf verdien, hoe kan ons van hierdie straf vrykom en weer in genade kom? Antwoord: God wil hê dat aan sy geregtigheid voldoen word¹. Daarom moet ons aan hierdie geregtigheid óf deur onsself óf deur ‘n ander volkome betaal².

Skrifverwysings: 1: Eksodus 23:7; Romeine 2:1-11 2: Jesaja 53:11; Romeine 8:3-4


Vraag 13: Kan ons self daaraan voldoen? Antwoord: Beslis nie¹. Inteendeel, ons maak ons skuld elke dag groter².

Skrifverwysings: 1: Job 9:2-3; 15:15-16 2: Matteus 6:12; Romeine 2:4-5


Vraag 14: Kan ook ‘n blote skepsel vir ons betaal? Antwoord: Nee¹, want ten eerste wil God nie ‘n ander skepsel straf vir die skuld wat die mens gemaak het nie², en ten tweede kan ook geen blote skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander daaruit verlos nie³.

Skrifverwysings: 1: Hebreërs 2:14-18 2: Esegiël 18:4, 20 3: Nahum 1:6


Vraag 15: Watter middelaar en verlosser moet ons dan soek? Antwoord: Een wat ‘n ware en regverdige mens is¹, en tog ook sterker as alle skepsels, dit wil sê wat tegelyk ware God is².

Skrifverwysings: 1: 1 Korintiërs 15:21-22 2: Jesaja 7:14; Johannes 1:1


Lord’s Day 5

Question 12: Since, according to God’s righteous judgment, we deserve temporal and eternal punishment, how can we escape this punishment and be restored to favour? Answer: God requires that his justice be satisfied¹. Therefore we must make full payment either by ourselves or through another².

Scripture references: 1: Exodus 23:7; Romans 2:1-11 2: Isaiah 53:11; Romans 8:3-4


Question 13: Can we ourselves make this payment? Answer: Certainly not¹. On the contrary, we daily increase our debt².

Scripture references: 1: Job 9:2-3; 15:15-16 2: Matthew 6:12; Romans 2:4-5


Question 14: Can any mere creature pay for us? Answer: No¹. In the first place, God will not punish another creature for the debt which man has incurred². In the second place, no mere creature can sustain the burden of God’s eternal wrath against sin and deliver others from it³.

Scripture references: 1: Hebrews 2:14-18 2: Ezekiel 18:4, 20 3: Nahum 1:6


Question 15: What kind of mediator and deliverer must we then seek? Answer: One who is a true and righteous man¹, and yet more powerful than all creatures; that is, one who is at the same time true God².

Scripture references: 1: 1 Corinthians 15:21-22 2: Isaiah 7:14; John 1:1


© Attie Retief, 2025