Sondag 16Lord's Day 16

Sondag 16

Vraag 40: Waarom moes Christus in die dood gaan? Antwoord: Omdat die geregtigheid en waarheid van God vereis het¹ dat vir ons sondes die Seun van God self sou sterf².

Skrifverwysings: 1: Genesis 2:17 2: Filippense 2:8; Hebreërs 2:9


Vraag 41: Waarom is Hy begrawe? Antwoord: Om daarmee te bevestig dat Hy werklik gesterf het¹.

Skrifverwysings: 1: Matteus 27:59-60; Johannes 19:38-42


Vraag 42: Aangesien Christus vir ons gesterf het, waarom moet ons nog self sterf? Antwoord: Ons dood is nie ‘n betaling vir ons sondes nie¹, maar net ‘n afsterwe van die sonde en ‘n deurgang tot die ewige lewe².

Skrifverwysings: 1: Psalm 49:7-8 2: Filippense 1:21, 23; 1 Tessalonisense 5:10


Vraag 43: Watter verdere voordeel verkry ons nog uit die offer en die dood van Christus aan die kruis? Antwoord: Dat deur sy krag ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe word¹, sodat die bose begeertes van die vlees in ons nie meer regeer nie, maar dat ons onsself as lewende offers van dankbaarheid aan Hom kan toewy².

Skrifverwysings: 1: Romeine 6:6 2: Romeine 12:1


Vraag 44: Waarom word daar bygevoeg: “Neergedaal na die hel”? Antwoord: Sodat ek in my grootste versoekinge verseker kan wees dat my Here Jesus Christus deur sy onuitspreeklike benoudheid, smarte, angs en helse kwelling, waarin Hy gedurende sy hele lyding veral aan die kruis gedompel was¹, my van die helse angs en pyn verlos het².

Skrifverwysings: 1: Jesaja 53:10; Matteus 27:46 2: Hebreërs 2:9


Lord’s Day 16

Question 40: Why was it necessary for Christ to humble himself even unto death? Answer: Because the justice and truth of God required¹ that the Son of God himself should make payment for our sins by his death².

Scripture references: 1: Genesis 2:17 2: Philippians 2:8; Hebrews 2:9


Question 41: Why was he buried? Answer: His burial testified that he had really died¹.

Scripture references: 1: Matthew 27:59-60; John 19:38-42


Question 42: Since Christ has died for us, why do we still have to die? Answer: Our death is not a payment for our sins¹, but only a dying to sin and an entrance into eternal life².

Scripture references: 1: Psalm 49:7-8 2: Philippians 1:21, 23; 1 Thessalonians 5:10


Question 43: What further benefit do we receive from Christ’s sacrifice and death on the cross? Answer: That by his power our old man is crucified, put to death, and buried with him¹, so that the evil desires of the flesh may no longer reign in us, but that we may offer ourselves to him as a sacrifice of thanksgiving².

Scripture references: 1: Romans 6:6 2: Romans 12:1


Question 44: Why is there added: “He descended into hell”? Answer: To assure me in times of personal crisis and temptation that Christ my Lord, by suffering unspeakable anguish, pain, terror, and agony of hell, throughout all his sufferings but especially on the cross¹, has delivered me from the anguish and torment of hell².

Scripture references: 1: Isaiah 53:10; Matthew 27:46 2: Hebrews 2:9


© Attie Retief, 2025