Sondag 24Lord's Day 24

Sondag 24

Vraag 62: Maar waarom kan ons goeie werke nie ons geregtigheid voor God wees nie, of ten minste ‘n deel daarvan? Antwoord: Omdat die geregtigheid wat voor God kan bestaan, heeltemal volkome en aan die wet van God heeltemal gelykvormig moet wees¹, en ook ons beste werke in hierdie lewe alles onvolmaak en met sonde bevlek is².

Skrifverwysings: 1: Deuteronomium 27:26; Galasiërs 3:10 2: Jesaja 64:6; Romeine 3:23


Vraag 63: Verdien ons goeie werke dan niks, al beloon God dit in hierdie en in die toekomstige lewe? Antwoord: Hierdie beloning kom nie uit verdienste nie, maar uit genade¹.

Skrifverwysings: 1: Lukas 17:10; 2 Timoteus 4:7-8


Vraag 64: Maak hierdie leer nie mense roekeloos en goddeloos nie? Antwoord: Nee¹, want dit is onmoontlik dat dié wat deur ‘n ware geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sou voortbring nie².

Skrifverwysings: 1: Matteus 7:18 2: Johannes 15:5


Lord’s Day 24

Question 62: But why can our good works not be our righteousness before God, or at least a part of it? Answer: Because the righteousness which can stand before God’s judgment must be absolutely perfect and in complete conformity with the law of God,¹ and even our best works in this life are all imperfect and stained with sin.²

Scripture References: 1: Deuteronomy 27:26; Galatians 3:10 2: Isaiah 64:6; Romans 3:23


Question 63: Do our good works merit nothing, even though God promises to reward them in this life and the next? Answer: This reward is not earned; it is a gift of grace.¹

Scripture References: 1: Luke 17:10; 2 Timothy 4:7-8


Question 64: Does this teaching not make people careless and ungodly? Answer: No,¹ for it is impossible that those who are grafted into Christ by true faith should not bring forth fruits of gratitude.²

Scripture References: 1: Matthew 7:18 2: John 15:5


© Attie Retief, 2025