Sondag 42

Sondag 42

Vraag 110: Wat verbied God in die agtste gebod?
Antwoord:
God verbied nie net diefstal en roof wat die owerheid straf nie¹,
maar Hy beskou ook as diefstal alle listige truuks en bedrog waardeur ons ons naaste se goed onregverdig in die hande kry²,
asook alle gierigheid³ en misbruik en verkwisting van sy gawes⁴.

Skrifverwysings:
1: Eksodus 22:1
2: Lukas 16:10-12
3: 1 Korintiërs 6:10
4: Spreuke 21:20; Spreuke 28:19


Vraag 111: Maar wat gebied God jou in hierdie gebod?
Antwoord:
Dat ek die belange van my naaste waar moontlik bevorder¹,
met hom handel soos ek sou wou hê dat ander met my moet handel²,
en dat ek getrou my werk doen sodat ek die behoeftige kan help³.

Skrifverwysings:
1: Filippense 2:4
2: Matteus 7:12
3: Efesiërs 4:28


© Attie Retief, 2025