Sondag 17
Vraag 45: Watter voordeel bring die opstanding van Christus vir ons?
Antwoord:
Eerstens het Hy deur sy opstanding die dood oorwin,
sodat Hy ons deel kan laat hê aan die geregtigheid wat Hy deur sy dood vir ons verwerf het¹.
Tweedens word ons nou ook deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek².
Derdens is die opstanding van Christus vir ons ’n waarborg van ons salige opstanding³.
Skrifverwysings:
1: Romeine 4:25; 1 Petrus 1:3-5
2: Romeine 6:4-5
3: 1 Korintiërs 15:20-22