Sondag 12

Sondag 12

Vraag 31: Waarom word Hy “Christus”, dit is Gesalfde, genoem?
Antwoord:
Omdat Hy deur God die Vader verordineer is¹
en met die Heilige Gees gesalf is²
om ons hoogste Profeet en Leraar³,
ons enigste Hoëpriester⁴
en ons ewige Koning⁵ te wees,
daarom:
as Profeet en Leraar het Hy aan ons die hele raad en wil van God oor ons verlossing volkome bekend gemaak⁶;
as Hoëpriester het Hy Homself as ’n eenmalige offer vir ons gegee en ons met die Vader versoen⁷;
en as Koning regeer Hy ons deur sy Woord en Gees,
en beskerm en bewaar ons in die saligheid wat Hy vir ons verwerf het⁸.

Skrifverwysings:
1: Hebreërs 1:9; Lukas 4:18
2: Jesaja 61:1
3: Deuteronomium 18:15; Handelinge 3:22
4: Psalm 110:4; Hebreërs 7:17
5: Psalm 2:6; Lukas 1:33
6: Johannes 15:15
7: Hebreërs 9:12, 14
8: Matteus 28:18-20; Johannes 10:28


Vraag 32: Waarom word jy ’n Christen genoem?
Antwoord:
Omdat ek deur die geloof ’n lid van Christus is¹
en so deel het aan sy salwing²,
sodat ek sy Naam kan bely³,
myself as ’n lewende dankoffer aan Hom kan toewy⁴,
en in hierdie lewe teen die sonde en die duiwel met ’n vrye en goeie gewete kan stry⁵
en hierna in ewigheid saam met Hom oor al die skepsels kan regeer⁶.

Skrifverwysings:
1: 1 Korintiërs 6:15
2: 1 Johannes 2:27
3: Matteus 10:32
4: Romeine 12:1
5: Efesiërs 6:11; 1 Timoteus 1:18-19
6: 2 Timoteus 2:12

© Attie Retief, 2025