Sondag 2

Sondag 2

Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende?
Antwoord:
Uit die wet van God¹.

Skrifverwysings:
1: Romeine 3:20; 7:7


Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons?
Antwoord:
Dit leer ons Christus in ’n opsomming:
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag¹.
Dit is die eerste gebod.
En die tweede, wat hiermee gelykstaan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself².”

Skrifverwysings:
1: Deuteronomium 6:5; Matteus 22:37-40
2: Levitikus 19:18


Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle hou?
Antwoord:
Nee¹, want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat².

Skrifverwysings:
1: Romeine 3:10, 23; 1 Johannes 1:8, 10
2: Romeine 8:7; Efesiërs 2:3


© Attie Retief, 2025