Sondag 3
Vraag 6: Het God die mens dan so boos en verkeerd geskape? Antwoord: Nee, God het die mens goed en na sy ewebeeld geskape¹, dit is in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg sou ken², Hom van harte sou liefhê en saam met Hom in die ewige saligheid sou lewe om Hom te prys en te eer³.
Skrifverwysings: 1: Genesis 1:31 2: Genesis 1:26-27; Kolossense 3:10; Efesiërs 4:24 3: 2 Korintiërs 3:18
Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens dan vandaan? Antwoord: Uit die geval en die ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys¹. Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word².
Skrifverwysings: 1: Genesis 3:6; Romeine 5:12, 18-19 2: Psalm 51:7; Johannes 3:6
Vraag 8: Maar is ons so verdorwe dat ons heeltemal onbekwaam is tot enige goeie en geneig is tot alle kwaad? Antwoord: Ja¹, behalwe as ons deur die Gees van God wedergebore word².
Skrifverwysings: 1: Genesis 6:5; Job 14:4; Jesaja 53:6 2: Johannes 3:3-5
Lord’s Day 3
Question 6: Did God, then, create man so wicked and perverse? Answer: No, God created man good and in his own image¹, that is, in true righteousness and holiness, so that he might rightly know God his Creator², love him with all his heart, and live with him in eternal blessedness to praise and glorify him³.
Scripture references: 1: Genesis 1:31 2: Genesis 1:26-27; Colossians 3:10; Ephesians 4:24 3: 2 Corinthians 3:18
Question 7: From where, then, does this corrupt nature of man come? Answer: From the fall and disobedience of our first parents, Adam and Eve, in Paradise¹. There our nature became so corrupt that we are all conceived and born in sin².
Scripture references: 1: Genesis 3:6; Romans 5:12, 18-19 2: Psalm 51:5; John 3:6
Question 8: But are we so corrupt that we are wholly incapable of any good and inclined to all evil? Answer: Yes¹, unless we are regenerated by the Spirit of God².
Scripture references: 1: Genesis 6:5; Job 14:4; Isaiah 53:6 2: John 3:3-5