Sondag 40Lord's Day 40

Sondag 40

Vraag 105: Wat wil God in die sesde gebod hê? Antwoord: Dat ek my naaste nie in gedagtes, woorde of gebare, en veel minder deur die daad, deur myself of deur iemand anders, verontagsaam, haat, beledig, wond of doodmaak nie¹, maar dat ek alle wraakgierigheid laat vaar², ook dat ek myself nie kwaad aandoen of moedwillig in gevaar bring nie³. Daarom moet die owerheid ook die swaarddra om moord te straf⁴.

Skrifverwysings: 1: Matteus 5:21-22 2: Romeine 12:19 3: Matteus 4:7; 26:52 4: Genesis 9:6; Romeine 13:4


Vraag 106: Maar verbied God in hierdie gebod net moord nie? Antwoord: Nee, want as God die moord verbied, leer Hy daarmee dat Hy ook die wortel van die moord haat, soos afguns¹, haat², toorn³ en wraakgierigheid⁴, en dat Hy dit alles as moord beskou⁵.

Skrifverwysings: 1: Jakobus 3:14-16 2: 1 Johannes 2:9-11 3: Efesiërs 4:26-27 4: Romeine 12:19 5: 1 Johannes 3:15


Vraag 107: Maar is dit genoeg as ons ons naaste wat hierdie dinge betref, nie benadeel nie? Antwoord: Nee, want wanneer God afguns, haat en toorn verbied, beveel Hy dat ons ons naaste liefhê soos onsself¹, hom geduldig moet verdra², hom goed moet doen in sy nood³ en selfs ons vyande wel moet doen⁴.

Skrifverwysings: 1: Matteus 22:39; Romeine 13:9 2: Kolossense 3:12-14 3: Romeine 12:20-21 4: Matteus 5:44-45

Lord’s Day 40

Question 105: What does God require in the sixth commandment? Answer: That I do not revile, hate, insult, or kill my neighbour either in thought, word, or gesture, much less in deed, whether by myself or through another;¹ but that I lay aside all desire of revenge;² and that I do not harm myself or wilfully expose myself to danger.³ Therefore also the magistrate is armed with the sword to prevent murder.⁴

Scripture References: 1: Matthew 5:21–22 2: Romans 12:19 3: Matthew 4:7; 26:52 4: Genesis 9:6; Romans 13:4


Question 106: But does this commandment speak only of killing? Answer: No, for in forbidding murder God teaches us that He abhors the root of murder, such as envy,¹ hatred,² anger,³ and desire of revenge;⁴ and that He regards all these as murder.⁵

Scripture References: 1: James 3:14–16 2: 1 John 2:9–11 3: Ephesians 4:26–27 4: Romans 12:19 5: 1 John 3:15


Question 107: But is it enough that we do not kill our neighbour in any such way? Answer: No, for when God forbids envy, hatred, and anger, He commands us to love our neighbour as ourselves,¹ to show patience and peace towards him,² to do him good in his need,³ and even to do good to our enemies.⁴

Scripture References: 1: Matthew 22:39; Romans 13:9 2: Colossians 3:12–14 3: Romans 12:20–21 4: Matthew 5:44–45

© Attie Retief, 2025