Sondag 9
Vraag 26: Wat glo jy as jy sê: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde”?
Antwoord:
Dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus, wat hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskape het¹,
dit deur sy ewige raad en voorsienigheid in stand hou en regeer²,
om sy Seun Christus ontwil my God en my Vader is³.
Op Hom vertrou ek so, dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my van alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie⁴,
en ook al die kwaad wat Hy in hierdie jammerdal oor my beskik, vir my ten goede sal verander⁵,
omdat Hy dit as ’n almagtige God kan doen en as ’n getroue Vader dit ook wil doen⁶.
Skrifverwysings:
1: Genesis 1; Psalm 33:6
2: Psalm 104:27-30; Matteus 10:29-31
3: Johannes 1:12-13; Romeine 8:15-16
4: Matteus 6:25-34
5: Romeine 8:28
6: Lukas 12:22-24