Sondag 22Lord's Day 22

Sondag 22

Vraag 57: Watter troos gee jou die opstanding van die liggaam? Antwoord: Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, my Hoof, geneem sal word nie¹, maar dat ook hierdie liggaam, deur die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die verheerlikte liggaam van Christus gelyk sal word².

Skrifverwysings: 1: Lukas 23:43; Filippense 1:21-23 2: 1 Korintiërs 15:20-23, 42-44; Filippense 3:21


Vraag 58: Watter troos gee jou die artikel van die ewige lewe? Antwoord: Dat ek, aangesien ek nou al in my hart die begin van die ewige vreugde het¹, na hierdie lewe ‘n volkome saligheid sal besit² wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in geen menslike hart opgekom het nie³, om God daarin vir ewig te prys⁴.

Skrifverwysings: 1: 2 Korintiërs 5:2-3 2: Johannes 17:3 3: 1 Korintiërs 2:9 4: Johannes 4:14; Openbaring 21:4


Lord’s Day 22

Question 57: What comfort does the resurrection of the body give you? Answer: That not only my soul after this life shall immediately be taken up to Christ, its Head,¹ but also that this my flesh, raised by the power of Christ, shall be reunited with my soul and made like the glorious body of Christ.²

Scripture References: 1: Luke 23:43; Philippians 1:21-23 2: 1 Corinthians 15:20-23, 42-44; Philippians 3:21


Question 58: What comfort do you receive from the article of the life everlasting? Answer: That, since I now already feel in my heart the beginning of eternal joy,¹ after this life I shall possess perfect blessedness,² such as no eye has seen, no ear has heard, and no human heart has ever imagined,³ to praise God therein forever.⁴

Scripture References: 1: 2 Corinthians 5:2-3 2: John 17:3 3: 1 Corinthians 2:9 4: John 4:14; Revelation 21:4


© Attie Retief, 2025