Sondag 15Lord's Day 15

Sondag 15

Vraag 37: Wat verstaan jy onder die woordjies: “Hy het gely”? Antwoord: Dat Hy aan liggaam en siel die hele tyd van sy lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het¹, sodat Hy met sy lyding, as die enigste versoenende offer², ons liggaamlike en geestelike ewige straf van God verlos het³ en vir ons die genade van God, geregtigheid en die ewige lewe verwerf het⁴.

Skrifverwysings: 1: Jesaja 53:4-5; 1 Petrus 2:24 2: Hebreërs 10:14 3: Galasiërs 3:13 4: Romeine 3:24-26


Vraag 38: Waarom het Hy onder die regter Pontius Pilatus gely? Antwoord: Sodat Hy, onskuldig deur ‘n wêreldlike regter veroordeel, ons van die streng oordeel van God wat oor ons sou kom, bevry¹.

Skrifverwysings: 1: Lukas 23:13-15; Johannes 19:4; Psalm 69:5


Vraag 39: Het dit ‘n besondere betekenis dat Christus gekruisig is en nie op ‘n ander manier gesterf het nie? Antwoord: Ja, want daardeur is ek verseker dat Hy die vervloeking wat op my gerus het, op Hom geneem het¹, omdat die kruisdood deur God vervloek was².

Skrifverwysings: 1: Galasiërs 3:13 2: Deuteronomium 21:22-23


Lord’s Day 15

Question 37: What do you understand by the word “suffered”? Answer: That during his whole life on earth, but especially at the end, he bore in body and soul the wrath of God against the sin of the whole human race¹, so that by his suffering, as the only atoning sacrifice², he might deliver us from eternal condemnation of body and soul³, and obtain for us the grace of God, righteousness, and eternal life⁴.

Scripture references: 1: Isaiah 53:4-5; 1 Peter 2:24 2: Hebrews 10:14 3: Galatians 3:13 4: Romans 3:24-26


Question 38: Why did he suffer “under Pontius Pilate” as judge? Answer: So that he, being innocent, and yet condemned by a temporal judge, might thereby free us from the severe judgment of God that was to fall upon us¹.

Scripture references: 1: Luke 23:13-15; John 19:4; Psalm 69:4


Question 39: Is there anything more in his being crucified than if he had died some other death? Answer: Yes, for by this I am assured that he took upon himself the curse which lay on me¹, since death by crucifixion was cursed by God².

Scripture references: 1: Galatians 3:13 2: Deuteronomy 21:22-23


© Attie Retief, 2025