Sondag 21
Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag¹, van die begin van die wêreld af tot aan die einde², vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is³, deur sy Gees en Woord⁴ in die een ware geloof⁵ vir Hom vergader, beskerm en onderhou⁶, en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly⁷.
Skrifverwysings: 1: Genesis 26:4; Openbaring 5:9 2: Johannes 10:10-11 3: Efesiërs 1:10-13 4: Romeine 10:14-17 5: Efesiërs 4:3-6 6: Psalm 121:4-8 7: 1 Johannes 3:14, 20-21
Vraag 55: Wat verstaan jy onder “die gemeenskap van die heiliges”? Antwoord: Eerstens dat die gelowiges almal saam as lede aan die Here Christus en sy skatte en gawes deel het¹. Tweedens dat elkeen verplig is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend².
Skrifverwysings: 1: Romeine 8:32; 1 Korintiërs 12:12-13 2: 1 Korintiërs 12:21; 13:1-5; Filippense 2:4-6
Vraag 56: Wat glo jy van “die vergewing van sondes”? Antwoord: Dat God, ter wille van die versoening wat Christus bewerk het¹, al my sondes sowel my sondige natuur², waarteen ek my hele lewe lank moet stry³, nie meer wil gedenk nie⁴ en my uit genade die geregtigheid van Christus skenk⁵, sodat ek nooit weer in sy oordeel kom nie⁶.
Skrifverwysings: 1: 1 Johannes 2:2 2: Romeine 7:21-25 3: Galasiërs 5:17 4: Psalm 103:3, 10-12; Jeremia 31:34 5: 2 Korintiërs 5:19, 21 6: Johannes 3:18
Lord’s Day 21
Question 54: What do you believe concerning the holy catholic Christian church? Answer: That the Son of God, out of the whole human race,¹ from the beginning of the world to its end,² gathers, defends, and preserves for Himself, by His Spirit and Word,⁴ in the unity of the true faith,⁵ a church chosen to everlasting life;³ ⁶ and that I am and forever shall remain a living member of it.⁷
Scripture References: 1: Genesis 26:4; Revelation 5:9 2: John 10:10-11 3: Ephesians 1:10-13 4: Romans 10:14-17 5: Ephesians 4:3-6 6: Psalm 121:4-8 7: 1 John 3:14, 20-21
Question 55: What do you understand by the communion of saints? Answer: First, that believers, all and everyone, as members share in Christ and in all His treasures and gifts.¹ Second, that each one ought to know that he is obliged to use his gifts willingly and with joy for the benefit and well-being of the other members.²
Scripture References: 1: Romans 8:32; 1 Corinthians 12:12-13 2: 1 Corinthians 12:21; 13:1-5; Philippians 2:4-6
Question 56: What do you believe concerning the forgiveness of sins? Answer: That God, because of Christ’s satisfaction,¹ will no longer remember my sins² nor my sinful nature, against which I have to struggle all my life long;³ ⁴ but will graciously grant me the righteousness of Christ,⁵ that I may never come into condemnation.⁶
Scripture References: 1: 1 John 2:2 2: Romans 7:21-25 3: Galatians 5:17 4: Psalm 103:3, 10-12; Jeremiah 31:34 5: 2 Corinthians 5:19, 21 6: John 3:18