Sondag 8
Vraag 24: Hoe word hierdie artikels verdeel?
Antwoord:
In drie dele:
die eerste is van God die Vader en ons skepping;
die tweede van God die Seun en ons verlossing;
die derde van God die Heilige Gees en ons heiligmaking.
Vraag 25: Aangesien daar net een God is¹, waarom praat jy van drie Persone: die Vader, die Seun en die Heilige Gees?
Antwoord:
Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het²,
dat hierdie drie verskillende Persone die een, waaragtige en ewige God is³.
Skrifverwysings:
1: Deuteronomium 6:4; 1 Korintiërs 8:4
2: Matteus 3:16-17
3: Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13