Sondag 35

Sondag 35

Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?
Antwoord:
Dat ons God op geen ander manier afbeeld as wat Hy self in sy Woord beveel het nie¹.
En dat ons Hom op geen ander manier vereer as wat Hy self beveel het nie².

Skrifverwysings:
1: Deuteronomium 4:15-19
2: Matteus 15:9-10


Vraag 97: Mag ons dan glad nie ’n beeld van God maak nie?
Antwoord:
Nee, want geen skepsel kan God afbeeld nie¹,
en alhoewel die skepsels afgebeeld mag word, verbied God tog om beeld of afbeelding van hulle te maak met die doel om dit te vereer of God daardeur te dien².

Skrifverwysings:
1: Jesaja 40:18-25
2: Eksodus 32:4-5


Vraag 98: Maar mag ons nie beelde as boeke vir die leke in die kerke toelaat nie?
Antwoord:
Nee, want ons mag nie wyser wil wees as God nie,
wat sy Christene nie deur stomme beelde nie, maar deur die lewendige verkondiging van sy Woord wil onderrig¹.

Skrifverwysings:
1: Romeine 10:14-17; 2 Timoteus 3:16-17

© Attie Retief, 2025