Sondag 46
Vraag 120: Waarom het Christus ons beveel om God as “Ons Vader” aan te spreek?
Antwoord:
Om ons van die begin van ons gebed af op God se vaderlike goedheid te laat vertrou¹,
wat Hy vir ons deur Christus ons Here is²,
en om van Hom niks anders te verwag as wat ’n goeie vader vir sy kinders voorsien nie³.
Skrifverwysings:
1: Matteus 7:9-11
2: Johannes 1:12-13
3: Psalm 103:13; Matteus 6:8
Vraag 121: Waarom word bygevoeg: “Wat in die hemele is”?
Antwoord:
Sodat ons nie van God aards moet dink nie¹,
en dat ons sy almagtigheid van alles verwag².
Skrifverwysings:
1: Jeremia 23:23-24; Handelinge 17:24-25
2: Romeine 10:12