Sondag 48

Sondag 48

Vraag 123: Wat is die tweede bede?
Antwoord:
“Laat u koninkryk kom” beteken:
Regeer ons so deur u Woord en Gees dat ons ons al hoe meer aan U onderwerp¹.
Bewaar en vermeerder u kerk².
Verwoes die werke van die duiwel,
en elke mag wat teen U verhef,
en alle bose planne wat teen u heilige Woord bedink word³,
totdat die volkomenheid van u ryk kom
waarin U alles in almal sal wees⁴.

Skrifverwysings:
1: Psalm 119:5; Matteus 6:33
2: Psalm 51:18; Handelinge 2:42-47
3: Romeine 16:20; 1 Johannes 3:8
4: 1 Korintiërs 15:28; Openbaring 22:17, 20


© Attie Retief, 2025